Die verpakking van die liedjies in CD-formaat in plaas van musiekbundels is van deurslaggewende belang. Die evaluering van ’n seleksie van Anna Rudolph se kinderliedere het getoon dat die musiek van die 1970’s steeds vandag gebruik kan word, alhoewel sommige lirieke vernuwe moet word. Dit bring mee dat die resepsie van baie Afrikaanse kinderliedere soos wat dit in musiekbundels verskyn kommerwekkend negatief is. Daar bestaan reeds ’n hele geslag nuwe Afrikaanse ouers met klein kindertjies wat nie kan of wil sing nie. Hierdie transformasie het oor ’n tydperk van 40 jaar plaasgevind. Die bevindinge waartoe geraak is, toon die vervanging van die Afrikaanse sangkultuur van die 1970’s met ’n elektroniese luisterkultuur (2011). Baie van die gepubliseerde komposisies se publikasiedatums kon ook nie opgespoor word nie. Die saamstel van die katalogus van Anna Rudolph se kultuurbydrae het ’n uitgebreide soektog behels en is steeds onvolledig, aangesien Rudolph op versoek en soos wat geleenthede hulle voorgedoen het, onverpoos gekomponeer het en die komposisies dus nie almal gepubliseer is nie. Probleme ondervind tydens die studie sluit die finansiering van die produksie van die CD en die voortdurende bemarking en verkope daarvan in. Die uitvoer van ’n veldproef wat die samestelling van ’n nuwe Anna Rudolph-CD en -bladmusiek insluit, onderskei hierdie navorsing van enige vorige soortgelyke studie. 45 van Rudolph se kinderliedere is geëvalueer volgens erkende kriteria vir kinderliedere en ’n katalogus van die kultuurbydrae van Rudolph is saamgestel.
’n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik. Die literatuurstudie het die bestudering van Afrikaanssprekers se sangkultuur vanaf die 1970’s tot vandag (2011) en die resepsie van kinderliedere deur kinders behels. Deur op die vertrekpunt van musiekonderrig en spesifiek die aanleer van Afrikaanse kinderliedjies soos dié van Anna Rudolph te fokus, is resepsie-aspekte van Afrikaanse kinderliedere uitgewys. Die doel van die studie is gemotiveer deur twee moontlike negatiewe gevolge van foutiewe aanvangsonderrig in ag te neem: die huidige (2011) positiewe resepsie van onaanvaarbaar geïntoneerde en swak gekomponeerde populêre liedere, en baie Afrikaanssprekers se skynbare onvermoë om te kan sing. Vandag (2011) word hierdie liedjies baie selde gehoor, en sonder “backtracks”, mikrofone en klankversterkers vind feitlik geen kindersang meer plaas nie.
In skole is kinders aan verpligte sangonderrig blootgestel en Afrikaanse kinderliedjies soos dié van Anna Rudolph is landwyd deur Afrikaanssprekers gesing. Volksliedjies en ander Afrikaanse liedjies is dikwels onbegeleid of met eenvoudige begeleiding gesing. In die 1970’s (voor die ontwikkeling van gevorderde klanktegnologie) was Afrikaanssprekers gedwing om hulle self te vermaak. Abstract Dissertation (MMus)-University of Pretoria, 2012.